TIME Graad R
Boodskap 2
Die Klein Boekie-stories bevat eenvoudige sinne wat met die prente op elke bladsy verband hou. Jy kan die boekies versamel en in ʼn houer bêre sodat jou kind sy eie klein biblioteek het om enige tyd te geniet. Klein boekies maak storietyd pret!
Klik hieronder om na die teks te luister
Nadat jy die klein boekie gevou het, blaai daardeur en gesels met jou kind oor elke prent. Lees dan die titel van die boekie en die sinne op elke bladsy. Wys na die woorde terwyl jy lees.
Moedig jou kind aan om die storie saam met jou te vertel as hy wil. Wanneer jy klaar gelees het, vra jou kind van watter deel hy die meeste gehou het.
Jou kind leer hoe dit voel om ʼn leser te wees wanneer hy ʼn kans kry om deur die boek te blaai!