Time Graad R

Boodskap 3


Gebruik die TIME-dobbelsteen om saam met jou kind te tel.

Klik hieronder om na teks te luister

Elke oomblik is ʼn leeroomblik vir ʼn jong kind. Betrek jou kind wanneer jy die dobbelsteen maak en vou deur vir haar te verduidelik wat jy doen. Sy kan jou help deur gom te smeer op die flappe wat opmekaar geplak moet word, en dalk wil sy die kolletjies inkleur of versier.

Vra jou kind om die dobbelsteen te gooi en om te raak aan die kolletjies wat na bo wys. Help haar dan om te tel hoeveel kolletjies daar is. Jou kind leer nog van getalle en tel, so lei haar geduldig en moenie verwag dat sy alles reg gaan kry nie.

Raak aan elke kolletjie, tel hulle saam met jou kind en vra haar dan om iets fisies te doen soos om haar hande te klap, te spring, haar kop te knik of op die tafel te klop om te wys hoeveel kolletjies julle saam getel het. Drie kolletjies beteken byvoorbeeld drie klappe of drie spronge. Bestee net ʼn paar minute aan hierdie aktiwiteit. Doen dit saam met jou kind en hou dit vrolik en prettig.

Video: Hoe om  ‘n dobbelsteen to maak