TIME Graad 1

Boodskap 6

Jong kinders leer uit alles wat hulle om hulle sien en hoor en daarom is dit belangrik om hulle te help om hul vermoë te ontwikkel om goed te kan kyk en luister. Kyk- en luisterspeletjies bied kinders talle geleenthede om te oefen om te kyk en luister.

Klik hieronder om na die teks te luister

Kinders moet oefen om goeie luisteraars te word. Met goeie luistervaardighede kan kinders verstaan waarvan iemand praat, hulle kan instruksies volg en hulle kan take voltooi.

Goeie kyk- en luistervaardighede sal jou kind help om klaskamertake suksesvol af te handel. Die vermoë om die verskille in klanke in woorde te hoor, is verder ʼn belangrike vaardigheid wat kinders moet hê wanneer hulle leer lees en skryf. Die Letterslang-speletjie gee jou kind kans om pret te hê terwyl sy leer van letters en die klanke wat hulle maak.