TIME Graad 1

Boodskap 8

 

Teken en skryf is belangrike maniere waarop kinders leer om hul gedagtes en idees uit te druk. Hulle moet talle geleenthede kry om dit te doen. Laat jou kind sien hoe jy skryfwerk in jou daaglikse roetine gebruik, byvoorbeeld om inkopielyste, verjaardagkaartjies, boodskappe aan die onderwyser en selfs selfoon-teksboodskappe te skryf.

Klik hieronder om na die teks te luister

Nadat jou kind ʼn prent geteken het, vra haar om oor haar prent te gesels en dan iets daaroor te skryf. Gee jou kind kans om te probeer om woorde te spel terwyl jy haar lei, maar moenie haar laat sukkel as sy voel sy kan dit nie doen nie. Help jou kind deur haar te vra om die eerste klank van die woorde te probeer skryf.

As sy angstig daaroor raak om self te skryf, vra haar of jy dele van haar storie namens haar kan skryf. Skryf haar woorde woord vir woord neer sodat sy kan sien dat elke woord geskryf word. As jy met haar gesels oor wat sy skryf, sal sy voel dat dít wat sy te sê het belangrik is en dat jy waarde daaraan heg. Dit sal haar selfvertroue laat ontwikkel sodat sy sal wil aanhou skryf en sal haar voorberei op die vaardighede wat sy in haar skool- en huisomgewing moet gebruik.