TIME Graad 1
Boodskap 10
Party stories het min prente waarna jou kind kan kyk terwyl jy vir haar lees, of selfs geen prente nie. Sulke stories moedig kinders aan om self die besonderhede te verbeel. Sit gemaklik saam met jou kind en geniet die storie wat ons opgeneem het.
Klik hieronder om na die teks te luister
Dit is belangrik dat kinders leer om na stories te luister sonder die hulp van prente.
Die vermoë om goed te luister, sal jou kind in staat stel om nuwe woorde te hoor, haar begrip van dinge wat sy hoor, verbeter, en sal help met die belangrike kommunikasievaardighede van praat en lees.
Wanneer jy ʼn storie lees, behou jou kind se belangstelling deur verskillende stemtone te gebruik om haar te help om die opwindende en hartseer dele en ʼn karakter se woorde op te let.
Wanneer julle na ‘Skilpad vind sy huis’ luister, let op hoe jy jou kind kan help om gefokus te bly en die storie te geniet. Dit maak nie saak as jou kind reeds hierdie storie gehoor het nie, want kinders geniet dit om dieselfde storie meer as een keer te hoor.
Die verhaal oor Skilpad vind sy huis