TIME Graad R

Boodskap 11

Ondersteuning van die ontwikkeling van jou kind se geheuevaardighede is belangrik vir al die leer wat hy by die skool en die huis doen, en geheuespeletjies is ʼn prettige manier om dit te doen. Neem beurte met jou kind om ʼn geheuespeletjie uit te dink en kyk hoe hy dit geniet wanneer jy saamspeel. Onthou om te speel vir die pret, eerder as om te wen.

Klik hieronder om na die teks te luister

Het jy geweet die brein is ʼn spier wat net soos enige ander spier gereelde oefening moet kry om gesond en sterk te bly? Wanneer kinders geleer word om oplettend te wees, leer hulle ʼn waardevolle lewensvaardigheid aan, en dit ontwikkel hul geheuevaardighede.

Julle kan informele geheuespeletjies tydens jul daaglikse take speel. Vra jou kind om goed rond te kyk wanneer julle ná skool huis toe stap. Wys ʼn paar spesifieke dinge uit terwyl julle stap.

Vra jou kind wanneer julle by die huis kom, “Kan jy onthou watter kleur die kar was wat verby ons gery het?”, “Ons het verby tannie Mina se huis gestap. Watter kleur is tannie Mina se huis?” en “Het ons oor ʼn pad gestap om by die huis te kom?”