TIME Graad 1
Boodskap 13
Die Slak-speletjie help kinders om drieletterwoorde in afsonderlike klanke te verdeel, en help hulle ook om klanke saam te voeg sodat hulle drieletterwoorde kan lees.
Klik hieronder om na die teks te luister
Wanneer kinders 12 letters ken, is hulle gereed om die letters saam te voeg om kort, maklike woorde te lees. Al die woorde in die Slak-speletjie is kort en kan geklank word.
Party kinders sal dalk sukkel om die middelste klank of die laaste klank te hoor. Hierdie speletjie is ʼn prettige manier om te oefen om die klanke in kort woorde te hoor en te lees. Dit kan gereeld gespeel word in die maande wat dit kinders neem om te leer lees. Onthou om nooit jou kind te lank te laat sukkel om die woorde uit te werk nie. As hy die speletjie geniet het en dit hom nie gespanne gemaak het nie, sal hy dit graag weer wil speel.
Klik op die video hieronder om te leer hoe die spel gespeel word