TIME Graad 1
Boodskap 15
Het jy geweet dat kinders hul vingers kan gebruik om te leer tel en antwoorde op getalprobleme uit te werk? Om die waarheid te sê, baie kinders kan hul begrip van getalle op hul vingers wys nog voordat hulle die naam van die getal kan sê.

Klik hieronder om na die teks te luister
Moenie jou kind ontmoedig om sy vingers te gebruik om te tel en getalprobleme uit te werk nie. Hy is besig om ʼn goeie en doeltreffende manier te gebruik om homself te leer. Help jou kind om te tel of ʼn getalprobleem uit te werk deur verskillende voorwerpe te gebruik.
As die probleem byvoorbeeld oor lepels gaan om ʼn tafel te dek, gebruik dan regte lepels. As die probleem oor vrugte gaan wat tussen vriende gedeel moet word, gebruik dan regte vrugte. As jy nie werklike voorwerpe het nie, kan jy knope, wasgoedpennetjies en botteldoppies of klippies en blare uit die tuin gebruik.