TIME Graad 1

Boodskap 26

Wel gedaan! Julle is een van die duisende gesinne wat die TIME-tuisleerprogram gebruik. Ons het dit geniet om hierdie reis met jou te deel en ons hoop jy sluit weer in 2022 by ons aan vir die Graad 1 TIME-program!

Klik hieronder om na die teks te luister

Ouers vertel vir ons dat die TIME-hulpbronne hulle gehelp het om ʼn band met hul kind te vorm. “Die pakkette help ons om saam stiltetyd te hou”, sê een ouer. “Danksy TIME leer ek my kind beter ken.” Die TIME-materiale help ook om ʼn gelukkiger kind te ontwikkel wat meer selfvertroue het en beter kan konsentreer.

Een ouer sê, “My kind verwelkom my eerste met huiswerk wanneer ek van die werk af kom. Hy kan ook nou die instruksies baie goed volg. Hy is spraaksamer, vrolik en vry.”
Ons hoop dat jy ook die TIME-program nuttig gevind het en ons hoor graag van jou. Deel gerus jou gedagtes op ons kommentaarvorm in die TIME-afdeling op ons Wordworks-webtuiste.
Ons bied nie ʼn TIME-program vir Graad 2 aan nie, maar jy kan weer die 2021-pakkette gebruik en weer party van die aktiwiteite met jou kind doen. Herhaling is uitstekend vir leer!