TIME Graad R
Boodskap 1
Dit is nou die tyd om saam te leer in ‘n uitnodigende, vriendelike ruimte.
Klik hieronder om na teks te luister
Die tyd het aangebreek vir jou en jou kind om saam pret te hê en te leer met die TIME-program. Kies saam ʼn stil, gemaklike plek en ruim 20 minute in om sonder onderbrekings saam te werk.
Maak skryfbehoeftes bymekaar en sit dit in ʼn houer sodat dit altyd byderhand is. Dit kan ʼn potlood, vetkryte of inkleurpotlode, skoon papier of ʼn tekenboek, ʼn skêr en gom insluit. Dit sal handig wees om ook wondergom of kleeflint te hê sodat jy jou kind se werk kan opplak as daar plek is.Read More
TIME Graad R
Boodskap 2
Die Klein Boekie-stories bevat eenvoudige sinne wat met die prente op elke bladsy verband hou. Jy kan die boekies versamel en in ʼn houer bêre sodat jou kind sy eie klein biblioteek het om enige tyd te geniet. Klein boekies maak storietyd pret!
Klik hieronder om na die teks te luister
Nadat jy die klein boekie gevou het, blaai daardeur en gesels met jou kind oor elke prent. Lees dan die titel van die boekie en die sinne op elke bladsy. Wys na die woorde terwyl jy lees.
Moedig jou kind aan om die storie saam met jou te vertel as hy wil. Wanneer jy klaar gelees het, vra jou kind van watter deel hy die meeste gehou het.
Jou kind leer hoe dit voel om ʼn leser te wees wanneer hy ʼn kans kry om deur die boek te blaai!
Video: Hoe om ‘n klein boekie te vou
Time Graad R
Boodskap 3
Gebruik die TIME-dobbelsteen om saam met jou kind te tel.
Klik hieronder om na teks te luister
Elke oomblik is ʼn leeroomblik vir ʼn jong kind. Betrek jou kind wanneer jy die dobbelsteen maak en vou deur vir haar te verduidelik wat jy doen. Sy kan jou help deur gom te smeer op die flappe wat opmekaar geplak moet word, en dalk wil sy die kolletjies inkleur of versier.
Vra jou kind om die dobbelsteen te gooi en om te raak aan die kolletjies wat na bo wys. Help haar dan om te tel hoeveel kolletjies daar is. Jou kind leer nog van getalle en tel, so lei haar geduldig en moenie verwag dat sy alles reg gaan kry nie.
Raak aan elke kolletjie, tel hulle saam met jou kind en vra haar dan om iets fisies te doen soos om haar hande te klap, te spring, haar kop te knik of op die tafel te klop om te wys hoeveel kolletjies julle saam getel het. Drie kolletjies beteken byvoorbeeld drie klappe of drie spronge. Bestee net ʼn paar minute aan hierdie aktiwiteit. Doen dit saam met jou kind en hou dit vrolik en prettig.
Video: Hoe om ‘n dobbelsteen to maak
Time Graad R
Boodskap 4
Jong kinders leer uit alles wat hulle om hulle sien en hoor. Dit is dus belangrik om hulle te help om hul vermoë om goed te kyk en te luister, te ontwikkel. Kyk- en luisterspeletjies bied kinders talle geleenthede om te oefen om te luister.
Klik hieronder om na teks te luister
Wanneer kinders teken, besef hulle dat iets deur ʼn prent op papier voorgestel kan word. Dit is ʼn belangrike stap vir jong kinders. Kinders maak dalk eers net merke op die papier wanneer hulle begin teken. Dit is belangrik om kinders in hierdie fase aan te moedig en te ondersteun, en nie hul tekeninge te kritiseer of hulle te vra om dit te verbeter deur jou tekening na te boots nie.
Dit verg tyd en oefening in ʼn veilige ruimte om ʼn nuwe vaardigheid aan te leer. As ons vir kinders se foute lag of hulle in die verleentheid stel, sal hulle dalk nie dapper genoeg voel om weer te probeer nie.
Help jou kind om eers te dink wat hy wil teken en laat hom dan probeer. Hy maak dalk krabbels en merke om letters voor te stel, en dit is te verwagte. Jou kind se tekenvermoë sal met verloop van tyd verbeter. Prys hom dus gereeld en moedig hom aan op sy reis om ʼn skrywer te word.
Kinders is mal daaroor as volwassenes saam met hulle aan ʼn aktiwiteit deelneem. Gesels met jou kind oor sy tekeninge en skryfpogings. Vra baie vrae wat tot meer gesprekke kan lei. Dit sal jou kind se woordeskat uitbrei en hom ook trots laat voel op dít wat hy reeds bereik het.
Time Graad R
Boodskap 5
Jong kinders leer uit alles wat hulle om hulle sien en hoor. Dit is dus belangrik om hulle te help om hul vermoë om goed te kyk en te luister, te ontwikkel. Kyk- en luisterspeletjies bied kinders talle geleenthede om te oefen om te luister.
Klik hieronder om na teks te luister
Kinders moet oefen om goeie luisteraars te word. Met goeie luistervaardighede kan kinders verstaan waarvan iemand praat, hulle kan instruksies volg en hulle kan take voltooi. Goeie kyk- en luistervaardighede sal jou kind help om klaskamertake suksesvol te voltooi. ʼn Belangrike vaardigheid wat jong kinders moet hê wanneer hulle leer lees en skryf, is om die verskille tussen klanke in woorde te kan hoor.
Time Graad R
Boodskap 6
Speel die Alfabet-speletjie – ʼn prettige manier waarop jou kind kan leer hoe die letters van die alfabet lyk en watter klank elke letter maak. Neem jou tyd, moenie haastig wees nie en geniet dit om saam met jou kind te leer.
TIME Graad R
Boodskap 7
Onthou om ʼn stil, gemaklike ruimte te vind. Kyk deur die aktiwiteite voordat jy 20 minute opsy sit om met jou kind te werk. Dit is ontspanne leertyd waartydens jy jou kind se selfvertroue kan ontwikkel deur kommentaar soos “Ek hou van hoe jy dink” en “Hou aan probeer” te lewer.
Klik hieronder om na die teks te luister
Kinders benodig baie oefening om te leer om letters en syfers te skryf. ʼn Prettige en nuttige manier is om dit met verskillende instrumente te skryf, en nie net potlood en papier nie.
Jy kan ʼn stok in sand of jou vinger in ʼn bord rys of suiker gebruik. Jy kan kryt op ʼn muur of plaveisel gebruik. Speeldeeg kan vinnig en met min moeite gemaak word en is nog ʼn prettige manier om te oefen om letters en syfers te vorm. Onthou, daar is ʼn maklike speeldeeg-resep op die TIME-ouerplakkaat.
TIME Graad R
Boodskap 8
Teken en skryf is belangrike maniere waarop kinders leer om hul gedagtes en idees uit te druk. Hulle moet talle geleenthede kry om dit te doen. Laat jou kind sien hoe jy skryfwerk in jou daaglikse roetine gebruik, byvoorbeeld om inkopielyste, verjaardagkaartjies, boodskappe aan die onderwyser en selfs selfoon-teksboodskappe te skryf.
Klik hieronder om na die teks te luister
Kinders is mal daarvoor om te teken! Moedig al jou kind se teken- en skryfpogings aan, want sy leer om te kommunikeer oor dít waaraan sy dink en hoe sy voel. Toon belangstelling, al lyk haar vroeë skryfpogings bloot soos krabbels op die bladsy, en gebruik hierdie geleenthede om met jou kind te gesels.
As jy met haar gesels oor wat sy teken en skryf, sal sy voel dat dít wat sy te sê het belangrik is en dat jy waarde daaraan heg. Dit sal haar selfvertroue laat ontwikkel sodat sy sal wil aanhou teken en skryf en sal haar voorberei op die vaardighede wat sy in haar skool- en huisomgewing moet gebruik. Fokus daarop om jou kind se selfvertroue te ontwikkel, en gebruik bemoedigende en positiewe taal wanneer jy oor haar teken- en skryfwerk praat.
TIME Graad R
Boodskap 9
Kinders is lief daarvoor om hul menings te deel en hou daarvan as volwassenes belangstelling toon in dít wat hulle te sê het. Die Groot prentstories bied jou kind die geleentheid om nuwe woorde te leer en vrae te vra, en ʼn kans om sy denk- en redeneringsvaardighede te ontwikkel.
Klik hieronder om na die teks te luister
Wanneer jy en jou kind saam met die Groot prent storie werk, gebruik die vrae wat ons verskaf om ʼn verdere gesprek oor dít wat hy sien aan te moedig. Wedersydse gesprekke, en nie “ja”- of “nee”-antwoorde nie, sal jou kind se taalvaardighede ontwikkel. Moedig jou kind ook aan om te gesels oor hoe die dinge in die prent hom aan sy eie ervarings herinner.
Jy kan hierdie voorbeelde gebruik: Wat sal gebeur as …?
Verduidelik vir my hoekom jy so dink. Wat dink jy hiervan?
My gunstelingdeel is … Wat is jou gunstelingdeel?
Dit laat my dink aan daardie keer toe ons … Aan wat laat dit jou nog dink?
Dit is nie altyd maklik vir kinders om hul gedagtes te verduidelik nie. Gee jou kind tyd om na te dink oor dít wat hy in die prent sien en om dit in woorde uit te druk. Prys sy antwoorde, selfs al gee hy net eenwoord-antwoorde.
TIME Graad R
Boodskap 10
Voorgee-spel, byvoorbeeld winkel-winkel speel of kamma-kosmaak, is ʼn prettige manier vir kinders om hulle te verbeel hulle is iemand anders wat aan verskillende aktiwiteite deelneem. Voorgee-spel help kinders om hul wêreld en die dinge wat hulle om hulle sien gebeur, te verstaan. Dit help kinders ook om verskillende ervarings te verbeel waaroor hulle kan gesels of skryf.
Klik hieronder om na die teks te luister
Jong kinders geniet dit om stories deur voorgee-spel oor te vertel. Hierdie soort spel help hulle om na te dink oor die wêreld om hulle, en om dit te verstaan. Dit help ook om hul verbeelding te ontwikkel.
Voorgee-spel help kinders om stories te verbeel wat hulle vir ander kan vertel en uiteindelik kan neerskryf. Voorgee-spel sal meer pret wees as jou kind rekwisiete het wat pas by die storie wat sy uitbeeld.
As jou kind byvoorbeeld voorgee om sop te maak, kan sy iets groot en rond as ʼn soppot en ʼn stok as ʼn soplepel gebruik. Klein voorwerpe soos blare of groente kan in die pot geroer word terwyl sy voorgee om kos te maak soos sy die volwassenes in haar huis sien doen.
TIME Graad R
Boodskap 11
Ondersteuning van die ontwikkeling van jou kind se geheuevaardighede is belangrik vir al die leer wat hy by die skool en die huis doen, en geheuespeletjies is ʼn prettige manier om dit te doen. Neem beurte met jou kind om ʼn geheuespeletjie uit te dink en kyk hoe hy dit geniet wanneer jy saamspeel. Onthou om te speel vir die pret, eerder as om te wen.
Klik hieronder om na die teks te luister
Het jy geweet die brein is ʼn spier wat net soos enige ander spier gereelde oefening moet kry om gesond en sterk te bly? Wanneer kinders geleer word om oplettend te wees, leer hulle ʼn waardevolle lewensvaardigheid aan, en dit ontwikkel hul geheuevaardighede.
Julle kan informele geheuespeletjies tydens jul daaglikse take speel. Vra jou kind om goed rond te kyk wanneer julle ná skool huis toe stap. Wys ʼn paar spesifieke dinge uit terwyl julle stap.
Vra jou kind wanneer julle by die huis kom, “Kan jy onthou watter kleur die kar was wat verby ons gery het?”, “Ons het verby tannie Mina se huis gestap. Watter kleur is tannie Mina se huis?” en “Het ons oor ʼn pad gestap om by die huis te kom?”
TIME Graad R
Boodskap 12
Jong kinders leer uit alles wat hulle om hulle sien en hoor, en daarom is dit belangrik om hulle te help om hul vermoë te ontwikkel om goed te kyk en te luister. Met goeie luistervaardighede kan kinders verstaan waarvan iemand praat, instruksies volg en take voltooi.
Klik hieronder om na die teks te luister
Het jy geweet dat kinders makliker leer lees en skryf as hulle verstaan dat die woorde wat ons praat uit verskillende klanke bestaan? Om die verskille tussen klanke in woorde te kan hoor, is ʼn belangrike vaardigheid vir jong kinders wanneer hulle leer lees en skryf. Kinders sal eerste die beginklanke in woorde kan hoor.
Dit gee hulle ʼn leidraad oor wat die res van die woord kan wees. As daar prente van die woord is, sal hulle dit as verdere leidrade gebruik om uit te werk wat die woord is. Dit is belangrik om die klanke van die letters te gebruik, byvoorbeeld ‘a’ soos in appel of ‘b’ soos in blom.
TIME Graad R
Boodskap 13
Die Letterslang-speletjie help kinders om vir die eerste klank in woorde te luister, dit te identifiseer, en dan die geskrewe letter te vind wat daardie klank maak.
Klik hieronder om na die teks te luister
Wanneer kinders met ʼn dobbelsteen speel, sal party die verkeerde getal sê waarop die dobbelsteen geland het. Help jou kind om die kolletjies te tel deur aan elke kolletjie te raak terwyl hy tel.
Dieselfde kan gebeur wanneer hy sy speelmunt op die bord skuif. As jou kind te veel of te min spasies skuif of spasies oorslaan terwyl hy tel, moet jy hom help om stadiger te tel en van een blok na die volgende te beweeg, en dan te stop wanneer hy die regte hoeveelheid spasies beweeg het. Wanneer kinders ʼn dobbelsteen lees en die regte hoeveelheid spasies in ʼn speletjie aanskuif, begin hulle verstaan hoeveel of hoe klein elke getal werklik is.
Klik op die video hieronder om te leer hoe die spel gespeel word
TIME Graad R
Boodskap 14
Skep ʼn gemaklike, bemoedigende werkruimte vir jou kind. Dit sal haar help om makliker te kan konsentreer terwyl sy die aktiwiteite geniet.
Klik hieronder om na die teks te luister
TIME-aktiwiteite kan op byna enige plek gedoen word, mits jou kind op ʼn ferm oppervlak kan werk. As jy nie ʼn tafel het nie, sit die bladsy waarop jou kind werk op ʼn skinkbord, ʼn plank of ʼn boek met ʼn harde omslag. Onthou, kinders kan makliker dink, luister en fokus wanneer die TV of radio afgeskakel is terwyl hulle werk.
Ons het foto’s en video’s gesien van hoe gelukkig en selfversekerd kinders is wanneer hul ouers hul pogings en werk aanmoedig en prys. Verwelkom jou kind se antwoorde as sy vrae met slegs een of ʼn paar woorde beantwoord. Dit is nie nodig dat sy alle vrae in volsinne beantwoord of jou sinne naboots nie. Jou kind moet altyd haar spesiale leertyd saam met jou geniet.
TIME Graad R
Boodskap 15
Dit verg baie oefening om te leer teken en letters en getalle te skryf. Dit is belangrik dat kinders geleer word hoe om letters en getalle reg te vorm.
Klik hieronder om na die teks te luister
Vind uit hoe jou kind in die klas leer om elke letter en getal te skryf sodat jy dieselfde by die huis kan doen. Kan na die letter- en getaltemplate in jou aktiwiteitepakke vir leiding. Begin by die kol op die templaat.
Volg die rigting van die pyl in een beweging sonder om jou vetkryt op te lig. As daar twee bewegings is om die letter of getal te vorm, plaas jy weer jou vetkryt by die kol by nommer twee en volg weer die pyl in een rigting. Jou kind kan dit weer en weer oefen deur elke keer ʼn ander kleur vetkryt te gebruik. Só maak jou kind ʼn reënboogletter.
TIME Graad R
Boodskap 16
Die aktiwiteitsrekord is ʼn manier om jou kind te motiveer en aan te moedig en terugvoering aan jou kind se onderwyser te gee.
Klik hieronder om na die teks te luister
Prys jou kind wanneer sy ʼn aktiwiteit voltooi het, en laat haar slegs die ster wat by daardie aktiwiteit pas, inkleur. Dit sal haar motiveer en aanmoedig om aan te hou en om nuwe dinge op die proef te stel.
Deel die aktiwiteitsrekord met jou kind se onderwyser. Dit is waardevol vir die onderwyser om te sien hoe goed jou kind by die huis leer.
TIME Graad R
Boodskap 17
Kinders leer die beste wanneer hulle speel en pret het.
Klik hieronder om na die teks te luister
Jou kind leer baie dinge wanneer hy bewegingspeletjies speel. Sy klein en groot spiere raak sterker wanneer hy nuwe woorde en aksies leer. Hy leer ook om te luister en instruksies te volg en om te wag en beurte te neem.
Speel help jou kind ook om kreatief te wees en sy verbeelding te gebruik. Gee jou kind talle geleenthede om alleen en met ander te speel. Hy kan binne en buite speel, en dit kan vryspel wees of spel waarin hy eenvoudige reëls en instruksies volg.
TIME Graad R
Boodskap 18
Luister saam na die storie, Sisanda se geskenk.
TIME Graad R
Boodskap 19
Vind die geskikte tyd om saam te leer
Klik hieronder om na die teks te luister
Sukkel jy om tyd in te ruim om jou kind se leer tuis te ondersteun? Jy vind dalk dat die geskikste tyd hiervoor direk ná skool of vroeg in die middag is. Talle ouers en versorgers kom egter in die aande laat by die huis.
In so ʼn geval kan jy jou kind aanmoedig om TIME-aktiwiteite te doen terwyl ʼn ouer kind ook werk. Jy kan dit ook net voor bedtyd doen wanneer die dag se verantwoordelikhede amper verby is, maar dit is nie ʼn moet dit nie doen as jou kind moeg is nie. Elke huis verskil, en jy sal sien wat die beste vir jou en jou gesin werk.
TIME Graad R
Boodskap 20
Herfokus jou kind se aandag
Klik hieronder om na die teks te luister
Ons huise is besige plekke. As jy opmerk dat jou kind fokus tydens ʼn teken- of skryftaak verloor, kan jy haar aanmoedig deur te kyk na wat sy reeds gedoen het en te sê, “Ek hou van wat jy doen! Wat dink jy gaan jy daar doen?” Wys dan na die volgende ding wat sy moet doen. As jou kind tydens die storie of die luistertaak fokus verloor, kan jy:
● geduldig herhaal wat jy so pas gesê het;
● haar daaraan herinner dat daar net ʼn paar vrae is en dan is sy klaar; en
● vir haar sê sy werk goed, al is dit soms moeilik om te fokus.
TIME Graad R
Boodskap 21
Kinders moet weet hoe letters lyk en watter klank elkeen maak om lesers en skrywers te kan word.
Klik hieronder om na die teks te luister
Wys na die prente op die alfabetkaart en luister hoe die eerste klank of fokusklank van die woord gesê word.
Om seker te maak jy sê elke klank reg, sê die woord hardop. Jy sal die klank van die letter duidelik kan hoor. Probeer dit gerus!
TIME Graad R
Boodskap 22
Luister saam na die storie ‘Boo, die sporthond’.
Klik hieronder om na die storie te luister
TIME Graad R
Boodskap 23
Jy hoef nie die onderwyser te wees nie.
Klik hieronder om na die teks te luister
Met TIME-aktiwiteite wat tuis gedoen word, oefen jou kind vaardighede wat hy by die skool geleer het. Moedig jou kind aan terwyl hy werk wanneer hy vordering maak en moenie te veel op sy foute wys of hom reghelp nie. Sê dinge soos, “Jy het hard probeer,” “Mooi gedoen!” of “Probeer nog een keer – jy gaan dit regkry!”
As jou kind regtig met iets sukkel, laat sy onderwyser weet wat jy by die huis opmerk. Die onderwyser sal dit waardeer dat jy tyd met jou kind deurbring en sal hom help as hy verdere ondersteuning benodig.
TIME Graad R
Boodskap 24
Die trapklip-speletjie help kinders om die vorm van ʼn letter te pas by die klank wat die letter maak.
Click below to watch video of how to play the game.
Please find the game board in the Time materials pack that you already have received.
TIME Graad R
Boodskap 25
Kyk na die video van ʼn seuntjie wat probeer om sy eie woorde te skryf. Hy is selfversekerd en wil sy gedagtes op papier uitdruk. Hy weet hoe party letters lyk en dat elke letter sy eie klank het. Hy moet nog letters leer, maar hy is besig om ʼn skrywer te word!
Click below to watch video
TIME Graad R
Boodskap 26
Wel gedaan! Julle is een van die duisende gesinne wat die TIME-tuisleerprogram gebruik. Ons het dit geniet om hierdie reis met jou te deel en ons hoop jy sluit weer in 2022 by ons aan vir die Graad 1 TIME-program!
Klik hieronder om na die teks te luister
Ouers vertel vir ons dat die TIME-hulpbronne hulle gehelp het om ʼn band met hul kind te vorm. “Die pakkette help ons om saam stiltetyd te hou”, sê een ouer. “Danksy TIME leer ek my kind beter ken.” Die TIME-materiale help ook om ʼn gelukkiger kind te ontwikkel wat meer selfvertroue het en beter kan konsentreer.
Een ouer sê, “My kind verwelkom my eerste met huiswerk wanneer ek van die werk af kom. Hy kan ook nou die instruksies baie goed volg. Hy is spraaksamer, vrolik en vry.”
Ons hoop dat jy ook die TIME-program nuttig gevind het en ons hoor graag van jou. Deel gerus jou gedagtes op ons kommentaarvorm in die TIME-afdeling op ons Wordworks-webtuiste.